Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/03/2008

Béchamel / Witsous

Witsous word gereeld in pastadisse gebruik of om gekookte groente mee te bind. Die sous vorm ook die basis vir ander souse. Die sous se Franse naam, Béchamel, was gekies ter ere van die Markies van Nointel, Louis de Béchaimel (1603-1703), 'n howeling aan die Franse hof.

Hierdie is die oorspronklike Franse weergawe van die sous.

60 ml botter
60 ml koekmeelblom
500 ml melk
sout en peper

Smelt die botter in 'n souspan oor medium hitte.
Klop die meel by.
Klop die melk by. Hou aan met klop tot dit begin kook.
Gooi sout by, bedek en prut stadig vir 20 minute. Roer af en toe.
Verwyder van hitte en voeg peper by. Proe vir sout.

'n Knypie neutmuskaat is opsioneel - gebruiklik in Nederland en België.

Indien die sous te dik is gooi jy nog melk by. Indien dit te loperig is gooi jy 'n klont botter en gelyke hoeveelheid meel by en plaas terug op die hitte.

Vir 'n ryker sous vervang jy die helfte van die melk met room. Vir 'n ligter sous vervang jy die helfte van die melk met water.

Vermy kombuisgereedskap van aluminium wanneer jy hierdie sous maak.

Resep 2

Chantelle Geldenhuys


60 ml margarien
60 ml koekmeelblom
sout en peper na smaak
500 ml melk

Maak soos met eerste resep.



No comments :

Post a Comment