Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/02/2008

C Glossarium, Woordelys van kookterme - voedsel en wyn

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Cabardès [kê-ba-les]
Franse rooi en rosé wyne uit die Aude-streek in Frankryk.

cabassol [kê-ba-sol]
Cabassol is ’n Franse bredie gemaak van skaapkop wat in witwyn geprut word.

cabécou [kê-bê-koe]
Cabécou is ’n klein, sagte, Franse kaas gemaak van ’n mengsel van bokmelk en koeimelk. Die woord beteken letterlik “klein bokkie”.
Cabécou

cabernet [ka-ber-ne]
’n Druifsoort waarvan wyn gemaak word. Dit is oorspronklik afkomstig van Bordeaux in Frankryk.

cabernet sauvignon [ka-ber-ne soe-wie-john]
’n Druifsoort wat gebruik word vir die maak van rooi wyn.

cabillaud [kaa-bee-jo] (cod, kob)
’n Baarsagtige stekelvinvis, Johnius hololepidotus, met ’n blouerige swart bosy, silwerige ondersy, gladde skubbe en geronde stertvin, aangetref om die Suid-Afrikaanse kus, by Australië, in die Atlantiese Oseaan en in die Middellandse See. Die naam word ook gebruik vir ’n sagvinnige Noord-Atlantiese roofvis, Gadus morrhua, wat lewertraan as byproduk lewer. (kabeljou, boerkabeljou, kob, rietbul, morue)

Caboc [ka-bek]
’n Baie romerige soet Skotse kaas gemaak van koeimelk en dan in hawermout gerol.

cacao [ka-ka-ou]
Die saad van die kakaoboom wat gebruik word vir die voorbereiding van sjokolade of kakaobotter. Ook gespel kakao.

cachat [kê-sja]
’n Klein, wit, silindervormige Provensaalse bokmelk kaas. Die tekstuur is soortgelyk aan roomkaas.
Cachat

caciocavallo [ka-tjou-ka-wa-lou]
Caciocavallo is ’n Italiaanse kaas gemaak van koeimelk. Die kaas word gewoonlik gerook. Die naam is afgelei van die Italiaanse woorde cacio (kaas) en cavallo (perd). Dit mag wees dat die naam oorgebly het uit die tyd toe hulle nog die kaas gemaak het van die melk van merries.
Caciocavallo

Cadillac [ka-die-jak]
’n Ryk witwyn eie aan ’n wingerd in Bordeaux. Die wyn is ’n versnit van sémillon, sauvignon blanc en muskadel. Die druiwe word net gepluk wanneer dit ryp of oorryp is.
Caerphilly
’n Kaas gemaak in die dorpie Caerphilly in Wallis. Dit is halfhard en wit met ’n sagte, effens suur smaak.

café [ka-fy]
Die Franse woord vir koffie.

café au Kirsch [ka-fy ou kirsjh]
Koffie met Kirsch (likeur).

café au lait [ka-fy ou lê]
Koffie met melk. Die gunsteling drankie van Marie-Antoinette.

café frappé [ka-fy fra-pei]
Yskoue koffie.

café latte [ka-fy la-tê]
Italiaanse espresso met baie melk en skuim.

café liégeois [ka-fy lee-shua]
’n Franse nagereg wat ’n mengsel van koffie en room is. Dit word ook gemaak met roomys, gemeng in ’n groot glas met ’n teelepel sterk koffie en afgerond met Chantilly room. Hoewel die Franse en Belge hierop aanspraak maak is die oorsprong van die gereg in Wene. Die naam was ook aanvanklik café viennoise, maar Europeërs het dit moeilik gevind om uit te spreek. Die naam het tydens die Eerste Wêreldoorlog verander na café liégeois.
Café liégeois

café noir [ka-fy nwhaar]
Swart koffie.

café royale [ka-fy ro-jaal]
Koffie met konjak of brandewyn.

café turck [ka-fy turk]
Turkse koffie.

cafeteria [ka-fe-seria]
Frans vir “kafeteria”.

caghuse [ka-joes]
’n Spesialiteit uit Pikardië in Frankryk. Dit is varkskenkels, bedek met uie en botter en gebak in die oond. Dit word koud bedien. Ook gespel caqhuse.

Cahors [kja-ro]
’n Rooiwyn uit die suidweste van Frankryk verbou geproduseer in ’n streek met dieselfde naam. Die gewildste variëteit vir die wyn is malbec.

caille [ka-jy]
Kwartel.

caillebotte [kai-bot]
’n Franse gereg gemaak van melkstremsels. Dit word koud bedien met room en suiker. In sommige streke word die naam ook gebruik vir ’n roomkaas gemaak van koeimelk.

caillette [kai-jet]
’n Klein, plat Franse worsie gemaak van varkvleis en groen groentes.

caisses [kes]
Southappies word en caisses (in houers) bedien of en caissette (in houertjies) en bedien as ’n klein warm voorgereg. Die woord caisses word ook in Frans gebruik om te verwys na verskeie tipe blikke of kombuisgereedskap.

caissette [kê-set]
Southappies word en caisses (in houers) bedien of en caissette (in houertjies) en bedien as ’n klein warm voorgereg.

cajasse [kê-shas]
Soetgebak tradisioneel gemaak in die dorp Sarlat in Frankryk. Dit word gemaak van crêpe-beslag gegeur met rum en gemeng met vrugte. Dit word koud geëet.

calabrese [ka-la-bry-zei]
’n Wit of groen soort broccoli. Daar is ook ’n soort salami met dieselfde naam.

calabrese-romanesco
Dié groente is ’n kruising tussen blomkool en broccoli. Dit het ’n effens soet en neutagtige geur. (romanesco, romanesco-blomkool, romanesco-broccoli, minaret)

calamari
Calamari is inkvis wat as voedsel voorberei word.
Calamari steak

calamary [kê-le-ma-rie]
Frans vir “calamari”.

caldo verde [kaldo vêr-dje]
’n Nasionale dis van Portugal. Dit is ’n sop van olyfolie, aartappels en donkergroen kool. Dit word gegarneer met knoffelwors en bedien saam met mieliebrood en rooiwyn.
Caldo verde

calisson [kê-lie-sô]
Diamantvormige Provensaalse lekkergoed. Dit bestaan uit geblansjeerde amandels en gekristalliseerde spanspek met ’n bietjie lemoen. Dit word gemeng met lemoenbloeisel-water en –stroop. Dit het ’n brood basis en word bedek met aangemaakte versiersuiker.

calvados [kêl-wa-dos]
Appelbrandewyn, tradisioneel gemaak in die Calvados-streek in Normandië, Frankryk.

Cambridge-sous (Cambridge sauce)
’n Sous uit die Engelse kookkuns wat van ansjovis, eiergele en mosterd gemaak word. Dit word gewoonlik saam met koue vleis bedien.
Cambridge Sauce

camembert [ka-mim-bêr]
’n Sagte, romerige kaas met ’n sterk geur.

canapé [ka-na-pei]
’n Beskuitjie, klein stukkie brood of roosterbrood met ’n geurige soutige mengsel daarop. (kanapee, kanopee, broodsoutigheidjie)

canard [ka-naar]
Die Franse woord vir eend.

canard sauvage [ka-naar sou-waasj]
Die Franse woord vir wilde-eend.

cancoillotte [kon-ko-jot]
Cancoillotte is ’n loperige Franse kaas gemaak van metton-kaas en tradisioneel geproduseer in Franche-Comté.

candissoire [ko-die-swaa]
’n Plat reghoekige bak met verhoogde rante en ’n verwyderbare draadrooster wat die basis vorm. Dit word gebruik om gekristalliseerde vrugte of vars petit fours vas te hou nadat dit met gesmelte suiker geglasuur is. Dit word ook gebruik vir die dreinering van klein gebak.

caneton [kaan-tohn]
Die Franse woord vir jong eend.

cannellini
Groot, wit Italiaanse nierbone. Dit word gewoonlik in sop gebruik, soos byvoorbeeld Minestrone.

cannelloni
Italiaans vir “hol pype” of groot macaroni-buise gevul met geurige vulsels.
Spinasie en ricotta cannelloni

cantal [kon-tal]
’n Kaas gemaak van koeimelk met ’n hoë vetinhoud. Dit het die kleur van ivoor, maar het ’n donker kors. Die kaas het ’n soet neutagtige smaak. Die kaas is ook bekend as Fourme du Cantal. Dit is oorspronklik van die Auvergne-streek in Frankryk. Die kaas word gewoonlik na die maaltyd bedien saam met wyn en vrugte.

Cap Classique
Suid-Afrikaanse vonkelwyn wat op dieselfde wyse geproduseer word as Champagne.

capilotade [ka-pie-lo-taad]
’n Franse ragoût gemaak van oorskiet vleis. Die vleis word gestowe tot dit disintegreer.
Poulet en capilotade

capon [kaa-poohn]
Frans vir ’n gekastreerde haan. (kapoen, kapoenhaan)

caponata [ka-pon-naata]
’n Sisiliaanse gereg van vis en eiervrug.
Caponata

cappucino [ka-poe-tjino]
Italiaanse koffie met melk wat skuimerig gemaak is deur stoom wat onder druk is.
Cappucino

capsicum
’n Geslag tropiese plante wat die een of ander soort rissies dra. Die peule bevat sade waarvan peper gemaak word.

capucin [ka-pu-sa]
’n Klein Franse souttertjie, gevul met ’n Gruyere choux-gebak en bedien as ’n warm voorgereg.

caqhuse [kêk-joes]
’n Spesialiteit uit Pikardië in Frankryk. Dit is varkskenkels, bedek met uie en botter en gebak in die oond. Dit word koud bedien. (caghuse)

caracol [kara-kôl]
Spaans vir “slak”.

carbonade [kar-bohn-naad]
’n Vlaamse biefkasserol gemaak met bier en uie.

cardinal [kar-die-nal]
’n Franse visgereg wat garneer word met kreef. Die naam word ook gebruik vir ’n vrugte nagereg wat gevries word.

cargolade (ker-gho-laad)
Frans vir slakke gebraai oor kole van wingerdhout. Varkvet word oor die slakke gedrup wanneer hulle begin sis.

Carmen
In die Franse kookkuns word Carmen gebruik as beskrywing by disse wat tamatie of rooi soetrissie bevat.

caroline [ka-ro-lien]
’n Klein Franse éclair met ’n soutvulsel. (Karoly éclair)

carotte [ka-rot]
Frans vir geelwortel.

carpaccio [kar-pa-tjo]
’n Italiaanse aptytwekker van vleis of vis (tradisioneel beesvleis) in papierdun skywe gesny en gemarineer in suurlemoensap of asyn.
Tuna carpaccio

carpe [kaarp]
Frans vir “karper”.

carré d’agneau [kar-rei dan-jò] (loin of lamb)
Frans vir “lamslende”.

Carré de l’Est [karad let]
’n Romerige en net effens gesoute kaas uit Frankryk.

carte du jour [kart du-sjoor] (bill of fare)
Frans vir “spyskaart van die dag.”

Carthagène [kar-ta-shen]
’n Gefortifiseerde rosé tradisioneel gemaak van grenache in die suide van Frankryk.

casaba (winter melon)
’n Winterspanspek met ’n gladde skil en groen vleis.

cassata
’n Roomysblok of vorm gevul met vrugte en neute geweek in brandewyn of likeur. Dit kan met room voorgesit word.
Cassata

casse [kas]
’n Franse afval gemaak van varkkop, varkvel en ’n kalf se dermvliese en pote. Dit word saam met uie en knoffel in varkvet gekook nadat dit in witwyn gemarineer is.

casse-museau [kas-mu-so]
’n Baie harde Franse koekie. Dit word gemaak van amandels en kaasstremsel.

cassis [ka-sie] (black current syrup, black current liqueur)
Frans vir swartaalbessiestroop of –likeur. Dit word ook in nageregte en sjokolade gebruik.
Cassis

Cassis [ka-sie]
’n Klein Provensaalse wingerd bekend vir witwyn. Die variëteite sluit in ugni blanc, colombar, clairette en pascal. Die area produseer ook rooiwyn.

cassolette [kas-soe-let]
Die Franse naam vir klein bakkies waarin hors d’oevres, entrées en sommige nageregte bedien word. Die naam word ook gebruik vir fynaartappel, gemeng met eier en gegeur en dan in balletjies gevorm en gebak.

cassoulet [kas-soe-lê]
’n Franse bredie van haricot-bone, vark- of lamsvleis, of eend of gans, wors, groente en spekvleiswoerd.

castagnacci [kas-ta-nja-tjie]
’n Gereg van Korsika wat bestaan uit dik beslag of deeg gemaak met kastaiingmeel. Dit word gebruik om poffertjies of dik wafels te maak of word as ’n flan gebak.

catawba
’n Ligrooi Amerikaanse druifsoort wat teen somerreën bestand is. Die naam is afkomstig van die Catawba-rivier in Carolina, VSA.

catigau [ka-tjie-ghau]
’n Franse dis van gemengde riviervis. Die bestanddele verander afhangende van waar in Frankryk jy jou bevind. (catigot)

catigot [ka-tjie-gô]
’n Franse dis van gemengde riviervis. Die bestanddele verander afhangende van waar in Frankryk jy jou bevind. (catigau)

Cavour [ka-woer]
Twee Italiaanse garnerings dra hierdie naam. Beide is vernoem na dieselfde Italiaanse staatsman. Die eerste is vir polenta beskuitjies, waarop gebraaide lamsvleis bedien word. Die tweede ravioli wat gebruik word saam met groot vleissnitte.

Cayenne-peper
’n Sterk spesery gemaak van gemaalde brandrissie.

Cebiche
’n Peruviaanse gereg van vis gemarineer in suurlemoen- of lemmetjiesap. (Ceviche, Seviche)

célery [sei-le-ree]
Frans vir “seldery”.

Cendré [san-drie]
Een van verskeie Franse koeimelk kase. Die kaas is geel met ’n sagte kern. Die kase word tradisioneel verouder in houtas. Cendré beteken as “as” in Frans.

cep [sep]
’n Soort eetbare sampioen.

cèpe [sep]
’n Soort eetbare sampioen.

cerise [se-riez]
Frans vir “kersie”.

cervelle [ser-wel]
Frans vir “harsings”.

cervelle de canut [ser-wel de kan-joe]
Hierdie doopsous is ’n spesialiteit van Lyon, Frankryk. Dit word gemaak van ’n sagte kaas genaamd claqueret. Die geklopte kaas word gegeur met sout en peper en dan gemeng met fyngekapte salotte, kruie, room, witwyn en ’n klein bietjie olie.

Ceviche
’n Peruviaanse gereg van vis gemarineer in suurlemoen- of lemmetjiesap. (Cebiche, Seviche)

Chabichou [sja-bie-sjoe]
Chabichou is ’n semi-sagte, ongepasteuriseerde Franse bokkaas met ’n ferm, romerige tekstuur. Die kaas word geproduseer in ’n silindriese vorm en vir 10 tot 20 dae verouder.

Chablis [sja-blie]
Chablis is die mees noordelike distrik van Boergondië in Frankryk. Die witwyne van die streek is veral gesog.

chabròl [sja-brol]
’n Ou plattelandse gewoonte in dele van Frankryk om rooiwyn by sop of sous te voeg as dit halfpad geëet is. Die mengsel word dan gedrink uit die bakkie. Dit is veral gedoen met bréjaude. (chabrot)

chabrot [sja-brô]
’n Ou plattelandse gewoonte in dele van Frankryk om rooiwyn by sop of sous te voeg as dit halfpad geëet is. Die mengsel word dan gedrink uit die bakkie. Dit is veral gedoen met bréjaude. (chabròl)

chai [tjai]
’n Spesery-tee konsentraat wat met melk gemeng word. Oorspronklik van Indië.

chakchouka [sjak-sjoe-ka]
’n Gereg uit Noord-Afrika van eiers geposjeer in tamatiesous saam met groente en speserye. Beter bekend as shakshouka.
Chakchouka

chaleuth [sja-loes]
’n Soet Joodse appeltert.

challah [galla]
Gevlegte witbrood met ’n fyn tekstuur wat op die Joodse Sabbat geëet word.

Chambord [sjam-bur]
’n Klassieke Franse metode vir die voorbereiding van groot vis wat heel gekook gaan word. Die vis word gestop en gesmoor in rooiwyn.

chambrer [sjam-brie]
’n Franse term vir wyn na kamertemperatuur bring.

Champagne [sjam-pahn-je]
’n Vonkelwyn wat in die Champagne-streek in Frankryk geproduseer is. Die wyn uit hierdie streek het nooit ’n vonkel gehad nie tot ’n Benediktynse monnik, Dom Pierre Pérignon, die metode vervolmaak het om die vonkel in die wyn te hou. Dit word hoofsaaklik van pinot noir en chardonnay gemaak. Suid-Afrikaanse vonkelwyn wat op dieselfde wyse geproduseer word word genoem Cap Classique.

champenois [sjam-pen-wha]
’n Byvoegsel vir enige gereg wat met Champagne of enige ander wyn uit die gelyknamige streek voorberei is.

champignon [sjam-pee-nohn]
Frans vir "sampioen".

Champvallon [sjan-wa-lon]
’n Gereg van skywe skaapvleis wat gebak word tussen ’n laag uie en ’n laag aartappels. Die gereg is uitgevind deur een van Louis XIV se minnaresse, Madame de Champvallon.

chanterelle [sjan-te-rêl]
Tregtervormige sampioene met dik geswelde kieue.

Chantilly-room [sjan-tee-jee] (Chantilly, Chantilly cream)
Frans vir 'n effens versoete geklopte room wat soms gegeur word met vanilla.
Crème Chantilly

Chantilly-sous [sjan-tee-jee] (Chantilly sauce)
Frans vir mayonnaise of Hollandaise-sous gemeng met geklopte room.

Chaource [sja-hoers]
’n Franse kaas gemaak van koeimelk in die Champagne-streek. ’n Sagte wit kaas met ’n melkerige, vrugtige smaak. Dit het ’n silindriese vorm.

chapati
’n Dun plat ongesuurde brood voorgesit met talle Indiese geregte.
Chapati

chapon [sja-pôhn]
’n Franse brood se korsie word gelos om te droog vir 24 uur. Dit word dan ingevryf met knoffel, olie en asyn en normaalweg by slaaie gevoeg.

charcuterie [sjar-koe-te-rie]
Verwys na produkte van vark of afval, of winkels waar die tipe produkte verkoop word. Die Engelse gebruik dit om te verwys na winkels wat enige koue vleis verkoop.

chardonnay [sjar-don-ny]
’n Witdruifsoort uit Boergondië in Frankryk.

Charlemagne [sjar-le-man-je]
Die beste witwyn gemaak in die Aloxe-Corte kommune van Côte de Beaune in die ooste van Frankryk, meesal genoem Corton-Charlemagne. ’n Deel van die wingerd was moontlik die eiendom van Keiser Charlemagne.

charlotte [sjar-lot]
’n Charlotte is ’n warm vrugtepoeding, gemaak in ’n vorm uitgevoer met brood gedoop in gesmelte botter en gevul met gaar vrugte verdik met appelkooskonfyt. Die naam word ook gebruik vir ’n koue nagereg, gemaak in ’n vorm uitgevoer met sponskoekvingers en gevul met Beierse room.
Charlotte russe

charlotte-vorm (charlotte mould)
’n Charlotte-vorm is ’n eenvoudige vorm gebruik vir charlotte-poedings en ander nageregte.

charmat [sjar-mat]
Tenkgegiste vonkelwyn.

charmoula [gar-mie-la]
’n Soetsuur Arabiese sous voorberei met speserye en uie.

charolais [sja-ro-lê]
'n Stukkie baie benerige beesvleis uit die area van die elmboog wat gebruik word om pot-au-feu te maak.

chartreuse [sjaa truz]
’n Franse likeur berei van onder andere van lemoeskille, peperment en speserye. Dit is vernoem na die Kartuiserklooster by Grenoble. Die naam word ook gebruik vir ’n gereg van gemengde vleis en groente.

chäshappen [kgasj-heppen]
Chäshappen is ’n Switserse spesialiteit gemaak van Appenzell, melk, meel, gis en eiers. Die mengsel word met ’n spuit in ’n warm pan gespuit en dan gebraai. Dit word warm bedien saam met ’n slaai.

Chassagne-Montrachet
Wyn uit die streek Côte de Beaune in Boergondië.

chasseur [sja-sur]
’n Beskrywing vir ’n verskeidenheid Franse geregte bedien met ’n sous gemaak van sampioene, salotte, tamaties en witwyn.
Die naam word ook gebruik vir ’n klein, gerookte worsie gemaak van vark en bees.
Chasseur

Château Ausone
’n Rooi Bordeaux. Een van die 12 geklassifiseerde grand crus van Saint-Emilion in Frankryk.

Château-Chalon
Die bekendste van die geel Jura-wyne in Frankryk. Dit is vernoem na ’n klein dorpie in die streek waar dit geproduseer word van savignin-druiwe. Dit word vir ses tot tien jaar lank verouder in vate daarvoor gebottel word.
Dit word verkoop in spesiale bottels genaamd clavelin.

Château Cheval-Blanc
’n Bordeaux-wyn. Een van die 12 grands crus van Saint-Emilion in Frankryk.

Château d’Yquem
’n Wit Bordeaux-styl wyn uit die Sauterne-streek in Frankryk. Sommige mense beweer dis die beste soet witwyn in die wêreld. Sémillon en sauvignon blanc druiwe word hoofsaaklik gebruik vir die produksie van hierdie wyn. Die druiwe word geoes nadat dit met die fungus Botrytis cimerea besmet is. Die opbrengs is baie klein, sowat een glas wyn van een wingerdstok per oesjaar.

chateaubriand [sja-tou-bree-haan]
’n Franse metode om biefstuk uit die dikste deel van die fillet te berei. Dit word heel gaargemaak en dan voorgesny en bedien.
Chateaubriand

chaud(e) [sjou/sjoud]
Die Franse woord vir "warm".

chaude-froids [sjoud-frwha]
’n Elegante, ingewikkelde Franse gereg van pluimvee of wildsvleis voorgesit met chaude-froids-sous (aftreksel en wyn) en verglans met aspiek. Dit word koud voorgesit.

chaudfroiter [sjou-frwha-tie]
Die Franse beskrywing vir wanneer jy vleis of vis met ’n sous bedek en dan met aspiek.

chayote [tja-jo-te]
Chayote is ’n groen gegroefde peervormige groente met ’n stekelrige skil en ferm witvleis. Dit is deel van die Amerikaanse pampoenfamilie en soortgelyk aan akkerskorsies. Dit kan gekook en warm of koud bedien word, of in blatjang gebruik word. Dit is gewild in die Mexikaanse kookkuns. (mirliton, christophene)

cheddar
’n Harde kaassoort met 'n pikante smaak. Die naam kom van die dorpie Cheddar in Somerset, Engeland, waar die kaas die eerste keer gemaak is.

chef de cuisine [sjef de kwi-zien]
Frans vir "hoof van die kombuis".

chemiser [smie-zê]
Franse beskrywing wanneer vorms met ’n dun lagie jellie, vleis, vis of roomys bedek word.

chenin blanc [sje-nihn-blahn]
Chenin blanc, of steen, is een van die mees veelsydigste witwyndruifsoorte in Suid-Afrika. Oorspronklik verbou in die Loire-vallei in Frankryk. Dit word gebruik vir die maak van droë wyn, halfsoet wyn, edel-laatoes, vonkelwyn en soms selfs vir sjerrie, gefortifiseerde wyn en brandewyn.

cheshire
Cheshire lyk omtrent soos cheddar, dis net meer krummelrig en het ’n effens suurder smaak. Die Engelse kaas kan tot ’n jaar bewaar word en word beter hoe ouer dit word. (chessa)

chessa
Chessa lyk omtrent soos cheddar, dis net meer krummelrig en het ’n effens suurder smaak. Die Engelse kaas kan tot 'n jaar bewaar word en word beter hoe ouer dit word. Dit is beter bekend as cheshire.

chevreuil [sje-wrui]
Frans vir "wildsvleis".

chianti [kjan-tie]
’n Droë Italiaanse rooiwyn. Die versnit sluit altyd sangiovese in en is ten minste vir drie jaar verouder. Chianti wat gemaak word van druiwe uit die sentrale noordelike gedeelte van Italië waar Chianti oorspronklik vandaan kom en afkomstig van 'n kelder in die streek staan bekend as Chianti Classico. Dit wyn word verkoop in die kenmerkende bottels met 'n abnormale breë onderste gedeelte bedek met ’n strooimandjie genoem fiaschi.

chiffonade [sjee-fo-naad]
Die Franse term chiffonade word gebruik wanneer plante soos kropslaai en suring baie fyn gekerf en gekook word en as garnering gebruik word.

chilli con carne [tjee-lee kon kar-nei]
’n Amerikaans gereg van gemaalde beesvleis wat sterk gegeur word met rissie.
Chilli con carne

chimichurri
’n Argentynse sous gemaak van pietersielie, olyfolie, asyn en rissie.

Chinese kaneel
Die gedroogde bas van die Chinese boom, Cinnamomum cassia, wat ’n kaneelagtige smaak het, net skerper. (kassie, kassiebas, kassiekaneel, kassia)

Chinese pietersielie (coriander)
’n Plant, Coriandum sativum, waarvan die sade as spesery gebruik word en die blare net so vars. Beter bekend as koljander.

Chinese pruim
'n Sappige vrug wat natuurlik voorkom in tropiese streke. Beter bekend as ’n lietsjie.

Chinese spinasie
’n Kruid van die geslag Amaranthus.

chinois [sjee-nwa]
In Frans verwys dit na ’n koniese sif met ’n baie fyn maas. Die woord kan ook verwys na ’n klein groen of geel Chinese lemoentjie wat in brandewyn ingelê is.

chipolata [tjip-o-lata]
Die Italiaanse woord word gebruik vir ontbytworsies gemaak van vark- of beesvleis.

chipotle
’n Ryp jalapeño wat gerook is.

chop-suey
Hierdie Chinese styl dis is eintlik in die Verenigde State van Amerika ontwerp aan die einde van die negentiende eeu deur Chinese immigrante. Dit bestaan uit ’n mengsel van gekapte groente en soms ook repe vleis, veral hoender of vark, word. Dit word in die voedsel se natuurlike sappe gaargemaak en normaalweg saam met rys bedien.

chorizo [tjo-rie-tho]
Chorizo is die versamelnaam vir verskeie soorte varkwors wat gemaak word in die Iberiese Skiereiland.

chou [sjoe]
Die Franse woord vir “kool”.

chou à la crème [sjoe a la krem] (cream puff)
Frans vir “roompoffertjie”.

chou de Bruxelles [sjoe de brusel]
Frans vir “spruitkool”.

chou farcis [sjoe far see] (stuffed cabbage leaf)
Frans vir ’n gereg van gevulde koolblare.

chou rouge [sjoe roosj]
Frans vir “rooikool”.

chou-de-mer [sjoe de mer]
Frans vir “seekool”.

chou-fleur [sjoe flur]
Frans vir “blomkool”.

choucroute [sjoe-kroet]
Frans vir “suurkool”.

choux [sjoe] (choux pastry)
’n Baie sagte deeg wat gespuit of geskep word. (choux-deeg)
resep vir choux-deeg

choux-deeg (choux pastry)
’n Baie sagte deeg wat gespuit of geskep word. (choux)
Choux

chow-chwo (mixed pickled vegetables)
’n Chinese woord vir gemengde piekelgroentes.

chow-mein
’n Tipiese Chinese gereg bestaande uit gebraaide noedels met vleis, hoender, garnale of groente.

chowder
’n Sop of bredie, meestal van vars vis. Chowder is oorspronklik van die Verenigde State van Amerika.
Chowder

choy sum
Chinese kool met geel-groen blare.

christophene
Christophene is ’n groen gegroefde peervormige groente met ’n stekelrige skil en ferm witvleis. Dit is deel van die Amerikaanse pampoenfamilie en soortgelyk aan akkerskorsies. Dit kan gekook en warm of koud bedien word, of in blatjang gebruik word. Dit is gewild in die Mexikaanse kookkuns. (chayote, mirliton)

churros [tjo-ros]
Diepgebraaide Spaanse deegstokkies wat met gesmelte sjokolade voorgesit word.

ciabatta
’n Plat Italiaanse brood met ’n ferm struktuur met baie gate en ’n bros kors. Die brood word tradisioneel in 'n houtstoof gebak. Ciabatta beteken pantoffel in Italiaans. ’n Klein ciabatta wat gerooster is word ’n panino genoem. Die meervoud van panino is panini. Omtrent elke streek in Italië het sy eie weergawe van die ciabatta. In Rome is die tradisionele manier om marjolein by te voeg. Wanneer volgraan meel gebruik word staan dit bekend as ciabatta integrale en wanneer melk in die deeg gebruik word is dit ciabatta al latte.
Ciabatta

cilantro
Beter bekend as vars koljander in Suid-Afrika. Ook genoem Chinese pietersielie.

cinsaut [sin-sou]
’n Franse druifsoort wat meestal gebruik word vir die maak van ’n ligte rooiwyn.

ciseler [sie-se-lê]
Frans vir wanneer jy met ’n skerp mes dun snytjies in ’n vis maak.

citronné [sie-trô-ny]
Frans vir “met die geur van suurlemoen”.

civet
’n Engelse bruin wildsvleisbredie.

clafouti [kla-foe-tee]
’n Franse koek met ’n swart kersie versink in versoete pannekoekbeslag.

clambake
Tradisioneel is clambake ’n seekos-gereg wat buite oor verhitte klippe gaargemaak word. Vandag verwys dit meesal na kreef, mielies en gapermossels gaargemaak in lae en afgewissel met seewier.

claret [kla-re]
’n Ligte, droë rooiwyn.

cloche, sous [klousj, soe]
Die Franse beskrywing vir die koepeldeksel wat geregte aan tafel warm hou.

cobbler
Die Amerikaanse cobbler is ’n vrugtepastei, maar dit kan ook ’n koue drankie van wyn, suiker en suurlemoen wees.
Cobbler

cochenille (cochineal)
Eetbare rooi voedselkleursel.

cochon [ko-sjon]
Frans vir varkvleis.

cock-a-leekie (cock-a-leekie)
’n Skotse hoender-en-preiesop.
Cock-a-leekie

cocotte [ko-kot]
Cocotte beteken klein in Frans. In die kookkuns verwys dit na ’n oondbestande bakkie van erdewerk, porselein of metaal waarin individuele eier-, vormgeregte of soufflé’s gebak word.

cocktail (cocktail)
Die woord van Engelse oorsprong verwys na ’n mengeldrankie wat voor ’n maaltyd of tydens peuselhappies bedien word. Die woord word ook gebruik vir ’n voorgereg.

cod (cod)
Die Engelse woord vir kabeljou van die Noordelike Halfrond. ’n Seevis met wit, vlokkige vleis. Dié vis se kuit word ook in die kookkuns gebruik.

coeur [kihr]
Frans vir hart (in afval).

cognac [kon-jak]
Franse brandewyn van Cognac.

colannon (cabbage and potato stew)
’n Ierse bredie van kool en aartappels.

colin [ko-laan] (hake)
Franse naam vir stokvis van die noordelike see.

collop [ko-lop]
’n Franse woord vir ’n dyn snytjie vleis (gewoonlik kalfsvleis) of vis wat plat geklop word, in eier en krummels gedoop en gerol word en dan vlak gebraai word. Dit is beter bekend as ’n escalope.

colombar [ko-lom-baar]
’n Druifsoort wat gebruik word vir die maak van brandewyn en ’n vrugtige witwyn.

colombard [ko-lom-baar]
’n Druifsoort wat gebruik word vir die maak van brandewyn en ’n vrugtige witwyn.

compôte [kom-pot] (compote, stewed fruit)
Die Franse naam vir ontbyt- of nagereg van vars of gedroogde vrugte gestowe in stroop en dikwels gegeur met speserye soos naeltjies en gemmer, of met likeur. Dit word gewoonlik koud voorgesit.
Gestoofde appelkose in brandewynstroop

concasser [kôn-ka-sêr]
’n Franse woord wat beteken om te maal, stamp of grofweg te kap.

concombre [kon-kom-br]
Frans vir “komkommer”.

confiture [kon-fee-tuur]
Frans vir konfyt.

condé [kon-dei]
Die Franse naam vir ’n harde amandelversiersel vir koek.

conserver [kon-ser-wy]
Die Franse naam vir die proses van vrugte preserveer of inlê in flesse.

consommé [kon-som-mei]
Aftreksel gekook van vleis, pluimvee of vis. 'n Ware consommé is deurskynend en aromaties. Dit word gewoonlik as die eerste gang bedien by aandete en kan warm of koud wees. Dit kan ook garneer word of verdik word. ’n Consommé word verdik met room, eiergeel of araroet.
Consommé

contiser [kon-tie-zê]
Die Franse beskrywing vir wanneer jy sny in vis, vleis of pluimvee maak waarin jy truffels of sampioene gaan plaas.

contre-filet [kon-tre fee-lei]
Frans vir beeslende.

coq
Frans vir haan. In die kookkuns is dit sinoniem met hoender. Hane wat goeie teelmateriaal was is aan die einde van hul leeftyd gebruik in die bekende coq au vin. Vroeër jare was dit gebruiklik om die kam en niertjies van die haan te gebruik as garnering vir die gereg.

coq-au-vin [kok ou whin]
’n Franse manier van hoender gaarmaak met rooiwyn, spek en uie.
coq au vin

coquille [kok-keeje]
Die Franse woord vir ’n kammossel.

coquille St Jacques [kok-keeje sihn zjak]
’n Franse gereg van kammossels en sampioene bedek met ’n romerige sous en ’n bolaag van geroosterde kaas. Dit word in die kammossels se skulpe bedien met spuitaartappel.

corbeille à pain [kor-bei a pêh]
Die Franse benaming vir ’n broodmandjie.

cordillon [kor-die-jon]
’n Klein koekie gemaak van soet deeg en gegeur met saffraan. (brassadeau, brassado, tortillon)

Cordon Bleu [kor-dohn blu]
In Frans beteken dit letterlik blou lint. Dit word gebruik vir ’n hoogs gekwalifiseerde kok. Volgens oorlewering het Lodewyk XV op ’n dag blou lint aan ’n vroulike kok toegeken wat ’n uitstekende maaltyd berei het.

corinthe [ko-rihnt]
Die Franse woord vir ’n korent.

cornichons [kor-ni-sjon]
Die Franse woord vir ’n agurkie.

Corniese pastei (cornish pasty)
’n Engelse gereg van gekapte biefstuk, niertjies, aartappels en uie gebak in pasteideeg. Dit word geassosieer met Cornwall in Brittanje.
Cornish pasty

Corton-Charlemagne [kor-ton sjar-le-manje]
Die beste witwyn gemaak in die Aloxe-Corte kommune van Côte de Beaune in die ooste van Frankryk, soms net genoem Charlemagne. ’n Deel van die wingerd was die eiendom van die keiser Charlemagne.

cos lettuce
Blaarslaai met lang, los blare en gekreukelde rante. (bindslaai, romaine)

côte [kôt]
Die Franse woord vir rib.

Côte-de-Blaye [kôt-de-blê]
Die naam van die rooi- en witwyne wat in die Blayais streek in Frankryk geproduseer word.

coupe [koep]
Die Franse benaming vir roomys bedien in ’n glas of glasbak, gewoonlik versier met vars of versuikerde vrugte.

coucher [koe-sjê]
Die Franse benaming vir wanneer voedsel geragskik is op ’n bed garnering; bv. kropslaai of spinasie.

Coupe Jacques [koep zjak]
’n Franse nagereg van vrugte geweek in likeur en bedek met verskillende soorte roomys.

courgette [koer-zjet] (baby marrow)
Frans vir ’n jong murgpampoentjie. Die Italianers en Amerikaners praat van ’n zucchini.

court-bouillon [koer boe-jhô]
Court bouillon is ’n aftreksel vir gebruik met seekos. Dit is ook geskik vir afval en witvleis. court-bouillon

cous-cous
’n Noord-Afrikaanse graansoort. (koes-koes, koeskoes)

couvert [koo-wer]
Frans vir ’n gedekte plek.

couverture [koe-we-tjee]
Die Franse benaming vir ’n tipe sjokolade gemaak met ekstra kakaobotter.

crème [krem]
Frans vir room.

crème bavarois [krem ba-wa-rwha]
Bavarois is ’n ryk vla wat met room gemeng en met gelatien gestol word. (Beierse room, Beierse roompoeding, Bavarois)
Crème bavarois

crème brûlée [krem bru-ly]
’n Koue vlaroom met ’n gekaramelliseerde verglansing bo-oor.
Crème brûlée

crème caramel [krem ka-ra-mel] (caramel cream)
’n Eiervla gebak in ’n vorm uitgevoer met karamel. Wanneer die vla uitgedop word is die karamel ’n sous bo-oor die vla.
Crème caramel

crème de cassis [krem de ka-sie]
’n Donkerrooi likeur gemaak van swartbessies.
Crème de cassis

crème fraîche [krem fresj]
Crème fraîche is ’n soort suurroom, net dikker en minder suur. Crème fraîche het geen bymiddels nie.

crêpe [krep]
’n Dun pannekoek.
Crêpe

Crêpe Suzette [krep soe-zet]
’n Pannekoek gedoop in lemoensous, met gerasperde lemoenskil, en gevlam in likeur.
Crêpe Suzette

crepinette [kre-pie-net]
Frans vir ’n klein worsie.

cresson [kre-sohn]
Frans vir waterkers.

crevette [kre-wet] (prawn, shrimp)
Frans vir garnaal.

Crimini
’n Donker sampioen met ’n ryk smaak. Dit is veral geskik vir gebruik saam met vleis en souse.

croissant [krwa-saan]
’n Halfmaanvormige broodjie van skilferkors. Dit is oorspronklik van Frankryk.

cromesquis [krom-ski]
Klein hors d’oeuvres gemaak van stukkies kroketmengsel toegedraai in repies spekvleis, in beslag gedoop en diepgebraai.

croque-monsieur [krok-mesee]
Franse geroosterde toebroodjie gevul met ham en kaas. Dit word bedek met ’n kaassous en dan gebak of gerooster.

croquette [krok-ket]
Frans vir kroket.

croustade [kroe-staad]
’n Koppievormige houer van brood, rys of mielierys gewoonlik gebraai of gebak en gevul met vleis, vis, oesters of ander seekos.

croustadines [kroe-sta-dien]
Frans vir vlak houers in verskillende vorms gemaak van skilferkorsdeeg.

croûte [kroet]
Snye brood of brioche, gesmeer met botter of sous en bros gebak. Die woord word ook gebruik vir snye brioche versoet met suiker, vanielje en melk, gebruik vir nageregte.

crouton [kroe-toh]
’n Stukkie roosterbrood wat bo-op sop of as garnering gebruik word. (croûton, kroton)
Crouton

croûton [kroe-toh]
’n Stukkie roosterbrood wat bo-op sop of as garnering gebruik word. (crouton, kroton)
Croûton

Crû [kru]
’n Goeie wyn in Frankryk.

crudités [kru-die-ty]
Rou repies groente, voorgesit met ’n doopsous.

cuisine [kwi-zien]
Dit word in Frans gebruik vir skaapboud, of dy, of selfs gebruik vir hoenderboudjie.

cuisses [kwees]
’n Goeie wyn in Frankryk.

cuisson [kwie-son]
Frans vir die vloeistof waarin bestanddele gekook is.

cuissot [kwee-sou]
Die Franse benaming vir die agterkwart van wild.

Cumberland-sous
’n Soet gespeseryde sous gemaak van lemoen, portwyn en rooi-aalbessiejellie. Dit word gebruik saam met vleisgeregte, veral wild.
Cumberland Sauce

Cuvée [ku-wy]
Die naam van ’n versnit, maar word ook in Frans gebruik om te verwys na ’n hoeveelheid wyn.




Wynwoordeboek

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

No comments :

Post a Comment