Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/09/2008

Matso

Matso is ongesuurde brood wat tydens die Joodse Paasfees (Pasga) geëet word. Die deeg mag nie fermenteer of rys nie.

Die bestanddele is eenvoudig koue kraanwater en meel. Indien jy gelukkig is om die spesiale meel, kemach shel matzah shamura, raak te loop kan jy dit gebruik. Dit is meel wat nog nooit met enige vorm van vog in aanraking was nie.
Jy pak gewone vloerteëls op jou oondrak en stel die hitte so hoog as moontlik. Daar moet 'n klein spasie tussen die teëls en tussen die teëls en die kante van jou oond wees.
Die mengsel is eenvoudig een deel water en drie dele meel. In die Joodse tradisie mag daar nie meer as 18 minute verstryk vanaf die eerste water die meel tref tot wanneer die matso in die oond gaan nie.
Meng en knie jou deeg goed. Rol dit so dun as moontlik uit en druk gate in die deeg.
Plaas die deeg op die teëls en bak vir drie minute.

No comments :

Post a Comment