Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/02/2025

Kaaskoek / Cheesecake

500ml gewone jogurt
1 blik gewone kondensmelk
Tennis-beskuitjies
botter
grenadella mouse

Maak krummelkors met Tennis-beskuitjies en botter. Klits jogurt en kondensmelk saam. Bak in oond vir 30 minute op 160 grade of tot gestol.
Verkoel, en smeer granadella mouse bo-oor.

Resep: Madelein Esterhuyse

Resep 2

Bak en Brou

Ek het so 'n rukkie terug hierdie kaaskoekresep van 'n vriendin ontvang. Hy is te smaaklik vir woorde.

Kors:
3 eetlepels suiker
3 eetlepels bruinsuiker
½ teellepel neutmuskaat
3 eetlepels sagte botter
¾ koppie gemaalde okkerneute
¾ koppie koekmeelblom
1 teelepel bakpoeier

Vir die kaaskoek:
700 g sagte roomkaas
200g sagte wit kaas soos ricotta
1½ koppie suiker
6 groot eiers, wit en geel geskei
sap en skil van een groot suurlemoen
3 eetlepels koekmeelblom
1 koppie dik room
1 koppie sultanas, opsioneel
2 eetlepels versiersuiker

Verhit die oond tot 200ºC en smeer die 28 cm non-stick springform koekpannetjies. Verwyder die bodem van die pannetjie en voer met greaseproof papier uit en sit die bodem weer terug en gebruik die kante van die pannetjie om die papier in sy plek te hou. Maak die korsie eerste. Gebruik 'n blender en meng al die korsbestanddele saam tot dit 'n ferm deeg vorm. Rol die deeg uit en druk dit oor die bodem van die koekpannetjie. Bak vir 10 min teen 200ºC verwyder dan van die oond en laat dit afkoel. Terwyl die korsie bak, meng in die Kenwood die roomkaas, en die wit kaas en 1 koppie suiker vir 3 minute, tot die mengsel glad is. Voeg die eiergele by een op 'n slag, meng na elke een. Voeg die suurlemoensap en skil en die koekmeelblom by, meng tot alles ingemeng is. In 'n aparte bakkie, klop die eier witte saam met 'n elektriese klitser tot hulle skuimerig is voeg dan die res van die oorblywende (½ koppie) suiker by, strooi die suiker oor die eier witte terwyl hulle geklits word. Sodra al die suiker by gevoeg is stel die elektriese klitser op sy hoogste spoed en klits tot die eier witte duk is. In 'n aparte bakkie geklits die room saam tot dit sagte bergies vorm wees net versigtig dat die room nie so veel geklits word en dit botter word nie. Vou die geklitse room en eierwitte met die res van die kaaskoekmengsel in. Gooi nou kaaskoekmengsel in die af gekoelde koekpannetjie en strooi die sultans daaroor en roer versigtig die mengsel sodat n paar afsak in die koekmengsel. Bak vir 10 min op 200ºC, verlaag die hitte to 150ºC en bak vir nog 'n uur. Skakel die oond af en los die koek in die oond. Sodra die koek afgekoel is verwyder uit die oond en verkoel oor nag in die yskas. Haal die koek dan versigtig uit die pannetjie en verwyder die greaseproof papier baie versigtig onder die koek uit. Strooi die versiersuiker op die koek en bedien.

Resep 3

Vulsel:
750g gladde maaskaas
4 eiers
250 ml strooisuiker
7,5 ml vanielje
Bolaag: 500 ml suurroom
125 g strooisuiker
7,5 ml vanielje

Klop al die bestanddele vir die vulsel tot glad, giet in 'n voorbereide kors en bak vir een uur teen 180ºC.
Meng al die bestanddele vir die bolaag saam tot glad. Skep die bolaag oor die warm vulsel en bak vir 10 minute. Laat afkoel.




Kaaskoek resep

3/26/2025

Liplekker hoenderpotjie met groente

Hi Daar

Hier is 'n heerlike. liplekker hoenderpotjie met groente.

Bestanddele:
Sonneblom olie ( Olyfolie kan ook gebruik word - baie gesonder)
Twee groot uie (gekap)
Garlic - Hoef nie bang te wees nie ( Garlic is baie gesond )
Pak hoenderbors stukkies, hoe meer vleis hoe lekkerder ( Woolies se hoender is puik )
Bruin uie sop
1 Blikkie room
Bietjie rooi wyn - droog
Sweet corn mielies - Nie blikkies nie, die heel vars klein mielies)
Klein wortels - (Nie groot wortels nie, ook die wat jy klein aankoop)
Jou keuse van groente verder

Aanwysings:
Warm die potjie op, en voeg so bietjie olie by net om die onderkant en sykante van die potjie te "smeer" As die olie lekker warm is, voeg die uie en die knoffel by en laat dit bietjie braai - nie brand nie Sondra die uie en knoffel op proe staduim kom, voeg die hoender stukkies by, en braai die amper gaar. Maak seker dat die hoeder lekker "gebraai" is sodat jy meer smaak kan gee in jou potjie. As die hoeder op amper gaar staduim is , voeg bietjie rooi wyn by , braai so bietjie en HAAL UIT. Die rooi wyn sal nie net ´n lekker smaak gee nie, maar baie van die cholestrol wegbrand.

Nadat die hoender en die uie en knoffel uitgehaal is, voeg so 1 tot 2 liter water in die pot. Roer die water tot al die "vas gebrande" dele in die water ingeroer is. Voeg nou al jou groentes by die water mengsel, en geniet so glasie wyn of twee van jou eie. Kyk so nou en dan of die groentes al sag gekook is. MOET NIE dat die groente heeltemal sag kook nie, want ons maak potjie, nie stew nie.

Sodra jy ´n mes deer die wortel kan druk, is die groente mengsel gereed vir die res van die potjie-kos. Voeg nou weer die hoender en die uie-knoffel mengsel by die potjie. Laat die potjie nou bietjie kuier vir so 20 min of wat. Sodra die groente en die hoender mekaar ordentlik ontmoet het, kan jy nou so bietjie bruinuiesop byvoeg. As sien sien daar is bietjie min water in, voeg so bietjie by, want die bruin uie sop sal so bietjie dikkerigheid veroorsaak. Laat staan en kook die potjie nou weer vir so 10-20 minute. As die potjie op sy einde is, voeg die hele blikkie room by, en laat prut vir so 10 min. 'n Roomsous vir jou hoender in die potjie.

Bedien saam met ´n ligte mengelslaai en ´n glasie rooi wyn.

resep: Gert Brits



Soekgids aanwysers: liplekker hoender potjie potjiekos

3/19/2025

Korrelkonfyt

Jy gaan twee dae nodig hê vir korrelkonfyt.

Gebruik vars, ryp hanepootkorrels. Jy het sowat 2 kg korrels nodig.
Maak ’n klein snytjie aan die stingelkant van elke korrel.
Plaas die korrels in ’n groot kastrol en gooi 1,5 kg suiker oor. Spat die laag suiker effens nat.
Laat dit oornag staan.

Die volgende oggend bring jy die konfyt stadig tot kookpunt met die deksel op.
Haal die deksel nou af en kook baie vinnig. Skep die skuim gereeld af.
Kook tot die stroop die verlangde dikte is.
Voeg 5 mℓ suurlemoensap by om versuikering te voorkom.

Haal die pot van die stoof af en roer vinnig sodat die pitte na bo kom en uitgeskep kan word.

Verseël die konfyt in gesteriliseerde flesse en laat staan om koud te word.
Sny stukkies ronde waspapier om bo-op te pas. Doop die papier eers in brandewyn voor jy dit bo-op plaas en dan die deksel toeskroef.

3/12/2025

Maroelabier

1 liter ryp maroelas
10 liter lou water
1,6 kg wit suiker
150 g rosyne
10 g aktiewe droë gis
10 ml kremetart
10 ml wynsteensuur

Sny 'n kruis in elke maroela. Kneus die vruggies liggies en voeg die water en suiker by. Roer dit totdat al die suiker opgelos is. Voeg die res van die bestanddele by. Giet die mengsel in 'n plastiek emmer met 'n deksel en laat dit 24 uur lank gis.

Syg die bier daarna deur en giet die filtraat in gesteriliseerde bottels. Moenie die bottels te vol maak nie. Net soos met die gemmerbier, plaas 2 tot 3 rosyne in elke bottel en draai die doppe liggies vas.

Laat die bier 'n dag of twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word.



Maroela bier resep

3/06/2025

Groente of vrugte

Hierdie vraag kan, net soos die hoender-of-eier-vraag, ´n mens lank besig hou. ´n Definisie van vrugte is die vleiserigge deel van ´n plant wat ontstaan uit ´n blom en pitte het. ´n Vrug is volgens die botaniste die sagte deel van die plant waarin die pit is. Groente daarteen kom van plante af met sagte stingels af.

Vrugte word in drie groepe verdeel naamlik vrugte met sade in soos bv. lemoene en waatlemoene. Dan kom die vrugte met pitte wat dadels insluit. En die laaste groep is natuurlik droë vrugte. Met hierdie definisies in die hand het botaniste begin om groente en vrugte te klassifiseer. Boontjies en ertjies word deur botaniste gesien as vrugte en nie groente, vir die eenvoudige rede dat boontjies en ertjies pitte het.

Komkommers en murgpampoentjies word ook beskou as vrugte. So van komkommers gepraat ek het ´n ruk gelede ´n komkommer geneem, botter in ´n pan gesmelt. Komkommer skywe daarin gebraai en suiker oorgegooi en dit opgedien. Heerlike warm en soet komkommer gereg. Die huismense het nie geweet wat hulle geëet het nie.

Die klassifikasie van groente en vrugte hang ook net af van die wêrelddeel en die eetgewoontes van daardie wêrelddeel. In die grootste deel van die wêreld word komkommers geag ´n groente te wees.

Soos in die diereryk is daar ook families in groente. So bv behoort kool, blomkool en radyse tot dieselfde familie. Die interessantste familie van groente is aartappels, groen en rooi pepers, eiervrug en tabak behoort aan dieselfde groente familie. Ek het maar altyd aan tabak gedink as ´n plant en nooit as ´n groente nie.

Volgens die botaniese definisie is die tamatie ´n vrug. Die vraag of ´n tamatie groente of vrugte is het al ´n draai gaan maak in die Amerikaanse Hooggeregshof. Hulle moes die besluit neem om te bepaal of daar handel gedryf kan word met tamaties. Hulle redenasie was dat aangesien tamaties gebruik word in die voorbereiding van kos dit ´n groente moet wees en nie ´n vrug nie.

Die tamatie is in 1554 die eerste keer haarfyn beskryf in Italië waar dit die pomi d'oro (appel van goud) genoem is. Die tamatie wat beskryf was, was ´n geel tamatie wat nie juis hier by ons baie bekend is nie.

Maak nie saak of dit of die tamatie groente of vrugte is nie, dit bly net lekker. Maak nie saak of iets groente en vrugte is nie, dit bly gesond en iets wat ons maar in ons diëte moet inwerk en verkieslik rou. Daar is net twee groentes wat ek mense sal aanraai om van weg te bly en dit is tabak en dagga.

Probeer maar gerus om die debat van groente of vrugte te voer in die familie. Dit kan ´n interessante debat oplewer.

- Frik Lombard

2/19/2025

Ingelegde kerrie perskes / Preserved curried peaches

2 kg perskes, geskil en in helftes gesny
1 kg uie, fyn opgesny
750 mℓ asyn
8 lemoenblare
1 teelepel gemaalde koljander
1 koppie suiker
2 eetlepels kerrie
20 naeltjies
1 teelepel sout

Kook die uie in water tot dit begin sag raak.
Gooi die water af en gooi die res van die bestanddele by.
Kook tot die perskes sag is.

Bottel dit warm.

2/12/2025

Skorsie

Hoe maak mens skorsies gaar?

Was die skorsies deeglik af.

Prik op ’n paar plekke met ’n vurk.

Kook die skorsies 20 minute lank in ’n koppie kookwater.

Voeg 1 teelepel sout by.

Verwyder die skorsies uit die water, sny deur en verwyder die pitte.

Bedien elke skorsie met ’n stukkie botter en ’n fyn knypie neutmuskaat.

2/05/2025

Groenmielies in die mikrogolfoond

Alette de Nysschen het die resep ingestuur vir wanneer ons groenmielies in ’n mikrogolfoond wil gaarmaak. Sy skryf:

Trek die meeste blare af, maar los ten minste 1 laag of meer blare op.

Sit die mielies in die mikrogolfoond op hoog vir so ±4 minute per mielie.

Maak skoon en eet.


Heerlik en gesond.

resep: Alette de Nysschen